Wednesday 9 May 2012

Hoekom neem leerders nie meer deel aan sport nie?


Een grootste probleem in ons samelewing vir die leerders vandag is die vinnige tegnologiese ontwikkeling wat plaasvind. Leerders sit eerder in die middag by die huis en speel op die rekenaar of "playstation" as wat hulle aan sport gaan deelneem. Die deelname in sport het op skoolvlak het aansienlik afgeneem wat gelei het tot 'n 10% toename in obesiteit onder die Suid Afrikaanse jeug. Die liggaamlike opvoeding wat terug gebring is in die skole in sal help om die obesiteit te voorkom onder ons jeug, maar dit kan slegs gebeur as die ouers saam met die skool werk. Baie leerders bring briewe vanaf hulle ouers na die skool wat sĂȘ dat hulle nie aan fisieke aktiwiteite mag deelneem nie en dit verhoed die skool se poging om obesiteit te beheer.

4 comments:

  1. Stem saam maar die fout sal ek se begin egter by die ouers hul het 'n verantwoordelikheid om hul kinders aan te moedig om fisiek aktief te wees en aan sport deel te neem...

    ReplyDelete
  2. Ouers is besig om geld te maak en kind is by die huis met net die tv of rekenaar. Ek dink groot produk produseerders wat games maak moet op 'n manier dit meer aktief maak. Help die ouers wat nie tyd het vir rugby saam met hul seun nie oor hulle vir kos op die tafel moet sorg. Dis hoekom sport meer geleentheid moet gee vir almal nie net die beste nie. Maak 'n 3de span as dit moet net om leerders daardie gevoel te gee dat hulle iets beryk het. Hulle kan werk om beter te doen. Maak sport 'n verpligte aktiwiteit vir die leerders, forseer hulle om deel te word.

    ReplyDelete
  3. Ek stem saam met jou Noddy, die vinger kan na afrigters ook gewys word wat net die beste span wil kies omdat hulle wenpersentasie vir hulle meer beteken as die leerders se genot. Daar is dalk baie leerders wat die sport wil doen, maar daag nooit op as gevolg van die benadering in die skole nie. Ouers sal meer verantwoordelikheid moet neem vir wat hulle kinders deur die dag doen en nie net op die beginsel werk van "out of sight, out of mind" nie. Ouers koop vir hulle kinders al die rekenaarspeletjies en "game stations" om hulle onder die volwassenes se voete uit te hou, maar dink nie aan die negatiewe effekte op die kind se gesondheid nie. Volgens my moet ouers meer tyd maak om saam hulle kinders net bal te gooi of te gaan stap en nie net die kind as 'n las sien nie

    ReplyDelete
  4. Ek dink ook nie die ouers en kinders besef hoe belangrik sport deelname vir hulle gesondheid werklik is nie. Dit is belangrik vir kinders om deel te neem aan sport, of om fenige form van fisiese oefening te kry terwyl hulle groei en ontwikkel want dit speel n groot rol in spier en been ontwikeling.Sport deelname het ook n posetiewe sielkundige uitwerking, want dit help leerders om selfvertroue te kry, ontslae te raak van frustrasies en stres te hanteer. Onaktiewe leerders kan ly an obesiteit,probleme ondervind met hulle gewrigte, hulle kanprobleme ondervind met hulle groei en kan selfs onder depresie ly

    ReplyDelete